G E R E F O R M E E R D E
K E R K
P R E T O R I A
( D O L E R E N D )
Kereweer is die straat waar Ds Dirk Postma in Dokkum gebore is. Sy lewenspad keer na Suid-Afrika waar hy die eerste predikant word in die toé nuutgestigte Gereformeerde Kerk. In die artikel oor Dokkum & Trier kry ons ‘n blik op die Europese agtergrond vanwaar Ds Postma, en ook vele andere na Suid-Afrika gekom het. In hierdie uitgawe word ook gekyk na waarheen die afgelope sinode die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika heen keer. FKWARTELTJIE E B R U A R I E 2 0Februarie 1 5 | J 2015 AARGANG 16 NR 1
Ds Petrus en sr Christine al reisende in Dokkum in Nederland. Lees meer oor Dokkum en ook Trier (Duitsland) op bladsy 13.
Inhoud Oordenking: Ry ek donkie of ry ek perd by vandag se Nagmaal?
3
“Maar ons harte opwaarts in die hemel verhef waar Jesus Christus is,” (Sursum Corda)
6
Sinode 2015
8
'n Onvergeetlike reis: Dokkum & Trier KWARTELTJIE Februarie 2015
14 2
OORDENKING
RY EK DONKIE OF RY EK PERD BY VANDAG SE NAGMAAL En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak. Markus 11:4 Skriflesing: Markus 11: 1-11
Dit was Jesus se laaste week op aarde. Dit was die tyd van die Paasfees. Van oraloor het die Jode gekom om hierdie week lange fees te vier. Die stad was vol mense, vol feesgangers. Die opgewondenheid het oral geklink. Ons hoor in vers 1 en 2 dat Jesus ook op pad is na Jerusalem. Jesus begin by ’n jong donkie, ’n donkie wat vasgemaak staan, maar as daardie donkie losraak, dan is daar ‘n koninklike pad wat oopgaan. Ons kan saam met die donkie op hierdie Koningspad begin stap. Ons kyk na die pad en na die styl waarop Jesus Jerusalem nader. Wat was die mense se reaksie? Wat dink mense van die styl hoe Jesus dinge doen? Jesus se pad, Jesus se styl Die pad... Die pad waarlangs Jesus sy intog beplan het, het gekom uit die oostekant, die rigting waaruit die son opkom. Dit was ook uit die rigting van die Oly1erg. As God in die ou tyd gepraat het van sy volk wat in duisternis wandel, met dan die belofte dat daar ’n lig oor hulle sal skyn, dan is Jesus se koms op hierdie oomblikke uit die oostekant nie sonder betekenis nie. Dit is uit die rigting van die Oly1erg, die berg wat reeds in die Ou TestaKWARTELTJIE Februarie 2015
ment so ’n belangrike plek ingeneem het (vgl. Eseg.11:23; Sag. 14:4). Die Jode se Messias verwagting is inderdaad dat die Messias via die Oly1erg sal kom. Die dorpies wat ons hier van lees nl. Betfage (wat beteken huis van vye) en Betanië (wat beteken huis van ellende) is albei dorpies wat geleë is aan die onderkant van die berg, wel weerskante van die berg. Betanië sou elke keer die dorp wees waar Jesus die laaste week voor sy kruis sou oornag. Jesus se styl... Jesus het alles sorgvuldig voorberei om Jerusalem in te gaan. Opmerklik hoe werk Jesus in sy voorbereiding. Hy werk koninklik, want Hy stuur dissipels uit. Jesus werk met almagskennis. Hy kan ’n presiese aanduiding gee waar daar ’n rydier gevind sal word. Sy koningskap en krag staan verder uit, want die eienaar van die dier sal ’n gelowige wees, wat nie sal teëpraat om sy dier af te staan nie. Om sy almag en koningskap verder te beklemtoon val dit op dat Jesus die eerste sou wees wat op hierdie dier ry. In die dierewêreld straal God ook sy koningskap uit, want Jesus wou eintlik net die vul gehad het . Nou kom daar twee diere. Die merrie met die vul, want ’n vulletjie laat hom nie sonder die merrie weglei nie.
3
Ons kan Jesus se koningskap nie miskyk nie. Het u agtergekom die styl waarop Jesus sy koningskap hanteer. ’n Mens wil byna sê dit is so ’n verkeerd-om styl. Tog werk Jesus nooit verkeerd-om nie. Dit is ons as mense wat dikwels dinge verkeerd om doen. By wyse van wat Jesus hier doen, kan ons sê dat ons wil perdry, terwyl ons eerder nog veronderstel was om donkie te ry. En ander keer dan ry ons weer donkie terwyl ons moet perdry. ‘n Voorbeeld hiervan is daardie oomblikke wat ons graag belangrik wil wees, ons wil sterk wees, maar dan is dit die tyd wat ons eerder veronderstel was om die swakkere te wees, om te dien en nie gedien te wil word nie. Ons ry perd in plaas van donkie, maar dan ry ons weer donkie inplaas van perd deurdat daar tye kom wat ons oor ons geloof moet praat, ons moet hardop openlik getuig, die Here wil deur ons praat, maar dan is ons op die rug van ’n donkie, ons bly stil, is beteuterd en verslae oor ons geloof. Jesus doen die dinge anders, maar ons sien dat Jesus doen die dinge reg. Sy styl is reg. Jesus ry donkie as Hy moet, maar dan ry Hy ook perd as Hy moet. Jesus op die donkie onderweg na Jerusalem, dit is Jesus se
nederige styl, die sagmoedige Vredevors. Dit wys Jesus se koningskap is nie polities nie, sy koningskap kom nie met wapengeweld en mag onderdrukking nie. Ja, die Man op die donkie het ’n verwysing van hoe die Heilige Gees baie keer in ons lewens werk, spesifiek die stil werkende krag van die Gees, soos Sagaria geprofeteer het (Sag.4:6) – Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees sê die Here van die leërskare. Waar Sagaria aan die Woord kom sien ons hierdie Godskind op die donkie. So ’n duidelike vervulling van Sag.9:9 - Jubel Sion, juig Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en Hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie, op die hingsvul van ’n donkie. Sou Jesus se koninkryk werklik so swak wees. Is dit ’n donkie-koninkryk, dat Jesus op ’n donkie moet ry as Koning. Moet Jesus werklik meer wys op nederigheid as wat Hy eerder kon wys op sy mag en heerlikheid, op sy oorwinning. Jesus sou mos ’n perd net so in die hande kon kry, as wat Hy die donkie in die hande gekry het. As ons verder in die Here se Woord lees, dan is dit so belangrik dat ons sal raaksien dat Jesus juis die donkie voor die perd stel, want die perd sal eers kan volg as die donkie daar was. In Openbaring 19 is
Redaksie Nándor Sarkady (Redakteur)
[email protected] Ds P J Venter
[email protected] Ds H T de Villiers
[email protected] Elmi Bester (Uitleg)
[email protected] Dankie aan alle medewerkers. Drukwerk behartig deur Jotha Drukkers
[email protected]
KWARTELTJIE Februarie 2015
Stuur asseblief u bydraes betyds vir die Meiuitgawe. Die sperdatum word in die kalendar aangedui. Bydraes sonder naam word deur die Redakteur verantwoord. 4
Jesus weer op ’n rydier, maar dan is Hy op ’n perd, ’n wit perd, waar die wit perd oorwinnend sy trippelende tree gee en Jesus dan kom om te oordeel, die wat dood is, maar ook die wat dan nog lewe. Wat ons met ons moet saamneem, is die besef dat ons lewe tussen die tyd van die intog op die donkie en die wederkoms op die perd. Vir ons is die tyd nog reg om van ons eie perdjies af te klim, ons by Jesus neer te lê en Hom te volg. Die mense se reaksie Wat was die mense se reaksie op Jesus se intog, of anders gestel – wat dink mense van die styl hoe Jesus dinge doen? Dit was so 5 dae voor Jesus gekruisig sou word. . Hier lees ons van ’n geesdriftige skare. Klere word as saal op die donkie oopgesprei om op te sit. Selfs is op die pad palmtakke oopgesprei en allerhande groenigheid is van die velde langs die pad gepluk en op die pad oopgesprei , sodat die donkie nie op die “onwaardige” aarde met die Koning daarbo hoef te trap nie. En die mense het Jesus geloof en geprys. Die profesie van Sagaria tree in alle opsigte in vervulling. Selfs die pragtige liedere in die Psalms kry nou hulle volle betekenis. Die Hosanna – wat eintlik gewoon maar beteken – Hoera – daardie eerste lied kom uit Psalm 118 verse 25-26. Die lied word Jesus toegesing, waar dit ‘n lied is wat vra om hulp. Ag, Here, gee tog heil, ag Here gee tog voorspoed. Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here. So sien hulle Jesus as die Een wat van die Oly1erg sal kom om die koninkryk van Dawid te herstel. Dan kom die volgende hoera-Hosanna in die hoogste hemele – En die woorde kom weer uit Psalm 148:1. Dit is ’n eerbewys aan God in die hemel wat die Messias gestuur het tot heil van die volk. KWARTELTJIE Februarie 2015
En vir die eerste keer aanvaar Jesus die huldiging as Koning al sit Hy nog op ’n donkie. Die mense sou Hom toe graag eerder op ’n perd wil hê, want dit is so asof die donkie nie tuishoort tussen wat die mense sê en waarop Jesus ry nie. Jesus sal egter op die donkie bly sit, want daarmee het Hy ’n boodskap, ook vir ons vandag. Hy ry donkie ter wille van ons, Hy is die Koning, maar Hy ry op ’n donkie wat wys op die Koning wat bereid is om te ly, om te sterf. Hy wat hier inry is die een wat doelbewus kom om Homself te offer. Jesus kom as Koning, maar nie soos die mense dit verwag nie. Sy Koninkryk is anders as wat die volk verwag het. Sy koninkryk is geestelik. En juis wou hulle die geestelike waarde hiervan nie besef nie. Wat het die mense op die lange duur gedink? Dieselfde mense wat gesing het Hosanna, dit is die mense wat vyf dae later uitroep – Kruisig Hom, kruisig Hom. Hy is gekruisig, om so langs die weg van donkie-ry, langs die weg van kruis en dood tot op die perd te kom. Sy dood het waarlik getel, want sy dood het gekom langs die weg van gehoorsaamheid, nederigheid en dankbaarheid. Is ons mense wat op perde wil ry? Laat ons dan eerder van die perd aLlim en nie ander wil hiet en gebied in ons grootheid nie en wil rondjaag op ons perde nie. Kom laat ons eerder donkie-ry, dan is ons nederig. Ons het geen groot uiterlike vertoon nie, want ons weet al waaruit ons kan lewe is uit God se genade. Laat ons dan ook nou langs die weg van donkie-ry die Nagmaal en die lewe benader. AMEN
5
OORDENKING “Maar ons harte opwaarts in die hemel verhef waar Jesus Christus is,”...... (Sursum Corda)
Die opskrif is amper soos ‘n vaste uitdrukking, vir kerk-mense altans. Maar waar het ek dit al gehoor?
fyn formulering te vervat. Daarom is elke predikant ook nie vry om sy eie woorde uit te dink nie. Dit is iets wat kerke deel.
Dit behoort deel van ons geloofsgeheue te wees want hierdie woorde is in die laaste paragrawe van ons pragtige en klassieke Nagmaalsformulier opgeneem. Dit is amper soos ‘n finale oproep om aan die Tafel van die Here te gaan. In Latyn word dit bloot vertaal met Sursum Corda - die hart omhoog. In liturgiese tekste is dit ‘n frase wat eeue ouer is as die kerkhervorming en inleidend tot baie ouer nagmaalsformules gebruik word. Die skrywers van die klassieke Nagmaals-formulier het in die vroeë 1600’s in die Gereformeerde Kerk in Nederland hierdie bekende frase ingeweef. Die Nagmaalsformulier is immers ouer as die Sinode van Dordrecht, 1618/19.
In De Wekker (jaargang 123 van 5 Des 2014), amptelike blad van die CGK het Ds. A. Th. Van Olst ‘n mooi artikel oor die Nagmaal en Doop geskryf met die titel “Tot versterking van het geloof”. ‘n Deel van die onvertaalde artikel word hier geplaas. Die keuse om dit nie te vertaal nie is doelbewus geneem. Dit toon enersyds ons bande met die kerktaal wat ons self in hierdie kerkgebou gelees het tot twee of drie geslagte terug. Verder toon dit ook iets van die algemene Christelikheid van die Kerk. Die band met Christene wat ook so bely, selfs in dieselfde woorde. Ons kan gerus hierby stilstaan.
Verlede jaar het ons in die Kwarteltjie met die oog op Nagmaal ook verskillende stukke opgeneem om ons by die Nagmaal te laat stilstaan. So ook nou. In een van ons susterskerke, die Christelike Gereformeerde Kerken in Nederland (CGK) word dieselfde formulier ook gedeel, gelees en gewaardeer. [Susterkerk beteken hier volle korrespondensie in kerklike taal- dit beteken predikante word oor en weer beroep en attestate gestuur.] Hoewel die Formulier in die NGK en NHK nie meer gebruik word nie, gebruik ons dit steeds met vrug. Die Formulier is veral didakties geskryf, dus om die gemeente te leer en alle elemente van die Nagmaal in besonder mooi KWARTELTJIE Februarie 2015
Vir meer besonderhede — Ds Van Olst skryf myns insiens in volle Chr. Geref. taal en styl, waar geloof en ervaring ‘n bewuste ewewig moet hê, dit is ook een van sy opskrifte. Met hart en verstand dus. De Wekker is ook aanlyn by die webwerf: www.dewekker.com. Sommige ouer lidmate sal dit goed kan lees. En as jy te jonk is en dink jy sukkel - probeer net, dit is goed vir jou Afrikaanse leesvermoë. Na ‘n paar sinne werk dit, en dan lees jy bekende terme wat ook in jou Psalmboek staan en jy vandag hoor wanneer die predikant die Nagmaalsformulier gaan lees. As jy nog nie weet nie , die Nagmaalsformulier staan agter in jou Psalmboek en jy kan dit saamlees en by die huis weer lees. 6
het uitreiken toefluistert: 'Ik voor u, daar gij anders de eeuwige dood had moeten sterven.'
Sursum corda In die zin zou een 'sursum corda' (de harten opwaarts verheffen) zoals dat bij het heilig avondmaal klinkt, eigenlijk ook niet misstaan in een doopdienst. Laten we niet bij het teken van het water blijven staan. Laten we ook niet bij dat lieve kleine kindje blijven staan, bij die ouders, bij die grootouders die het ook zo bijzonder zullen vinden. Laten we zelfs niet blijven staan bij de gedachte dat de Heere doorgaat met Zijn werk. Maar laten we onze harten opwaarts in de hemel verheffen, waar Jezus Christus is. En het bloed van Jezus Christus, Gods Zoon, reinigt van alle zonden, ook mijn zonden. Zo worden de gelovigen door de doop erbij bepaald en ervan verzekerd dat het enige offer van Christus, aan het kruis volbracht, nun ten goede komt (vraag 69 van de Heidelbergse Catechismus). Avondmaal We zagen net dat vaak eerder aan het avondmaal gedacht wordt dan aan de doop als het om de versterking van het geloof gaat. Maar uit gesprekken (met bijvoorbeeld belijdeniscatechisanten) blijkt dat het vaak helemaal niet zo duidelijk is hoe de Heere het KWARTELTJIE Februarie 2015
geloof wil versterken in het vieren van het avondmaal. De zegen van het avondmaal komt van de Heere, maar wordt slechts in geloof ontvangen. De nadruk die de kerk van de reformatie leg de op de zelfbeproeving hangt daar nauw mee samen. Zonder geloof deelnemen aan het avondmaal geeft geen zegen, laat staan versterking van het geloof; je eet en drinkt jezelf een oordeel. Dan wordt niet geloof, maar schijnheiligheid versterkt. De zegen van het avondmaal veronderstelt een geloof dat het leven buiten zichzelf in Jezus Christus zoekt. Ook bij het avondmaal zetten de tekenen ons stil bij het volbrachte werk van Christus, tot verzoening van de zonden. In het ontvangen van brood en wijn, voelen (tasten), proeven en eten (wat een zintuigen zijn erbij betrokken!), krijgen de gelovigen de belofte van het Evangelie persoonlijk bevestigd, en eigenen ze zich het volbrachte werk van Christus toe. Wat komt de Heere dan dichtbij! Als het te groot, te hoog is om te geloven, laat Hij het zien, voelen en proeven. Zo zeker geldt Zijn volbrachte werk voor mij. Het is alsof Hij het ons bij
Ervaring en geloof De zegen van het avondmaal is de versterking van het geloof, niet van de ervaring. Niet dat er niet heel wat te ervaren valt in het avondmaal. We mogen de ervaring niet zomaar relativeren. Het is immers zo'n groot wonder dat de Heere zondige mensen in Zijn nabijheid uitnodigt, als Zijn gezin aan Zijn tafel. Het is niet vreemd als je jezelf diepe vragen stelt als dit je hart koud laat. Toch mogen we de ervaring niet centraal stellen. De ene keer kan de beleving anders zijn dan de andere keer. Soms kun je in een avondmaalsdienst de nabijheid van de Heere al ervaren voordat je naar de tafel gaat. Het kan ook zo zijn dat als je in de week na de viering terugdenkt aan het brood en de wijn, je daar op dat moment bijzonder door getroost wordt en aangespoord tot een vernieuwde levenswandel. Het kan ook voorkomen dat wegraag onze harten 'opwaarts in de hemel verheffen, waar Jezus Christus is', maar dat we onze gedachten zo slecht kunnen sturen. Ook kunnen er opeens
7
vragen en gedachten van aanvechting zijn tijdens de viering. Kortom: de ervaring kan wisselen. De zegen van het avondmaal is echter niet afhankelijk van onze ervaring. Niet de ervaring, maar het geloof wordt versterkt. Die versterking is ook een belofte van God, waarin we Hem moeten vertrouwen. Het is niet zo dat wij in staat zijn de zegen van het avondmaal te overzien. We kunnen niet na het avondmaal precies aangeven hoe de Heere het geloof versterkt heeft. Het komt eropaan dat we het brood en de wijn fof Zijn gedachtenis ontvangen. Wij hebben geen verantwoordelijkheid voor de geloofservaring van dat moment. Wie zich richt op de ervaring, kan zich niet tegelijk ook richten op
KWARTELTJIE Februarie 2015
Christus. Het is zelf zo dat als we uitzien naar een bijzondere ervaring aan de tafel, we de zegen die de Heere in de weg van het gelovig zien op Jezus wil geven, in de weg staan. Niet twijfelen Heel belangrijk is wat het klassieke avondmaalsformulier zegt over de versterking van het geloof in het avondmaal:' Laten wij er niet aan twijfelen dat onze zielen door de werking van de Heilige Geest zo waarachtig met Zijn lichaam en bloed gevoed en verkwikt worden als wij het brood en de drank tot Zijn gedachtenis ontvangen'. De gelovige moet er niet aan twijfelen dat de Heere het geloof versterkt. Hij heeft beloofd dat te doen door de werking van Zijn Heilige
Geest. Net zo min als we aan de tafel moeten twijfelen of het offer van Christus voor ons geldt, moeten we twijfelen aan deze verborgen werking van de Heilige Geest. Laten we daarom in de viering van het avondmaal onze harten opwaarts in de hemel verheffen, en bij brood en beker het verzoenend lijden en sterven van Christus gedenken. In de weg van het gelovig gedenken van Christus belooft de Heere de zegen: de versterking van het geloof. En met het geloof: vaste hoop, en vurige liefde.
8
KERKLIKE SAKE
SINODE
2015…
GKSA—DERDE ALGEMENE SINODE Om ’n sinode by te woon is nie maklik nie! Altyd hier aan die begin van Januarie. Om dit ook ’n slag anders te kry dat dit nie Januarie moet wees wanneer dit sinode is nie, sal seker nie maklik verander nie. Elke keer ná ’n siklus van 3 jaar aan die begin van die 4de jaar dan moet dit weer sinode tyd wees. Ons kry wel baie ander dinge in die loop van tyd verander, maar die feit dat dit altyd nog Januarie moet wees kan gerus maar ’n slag verander! Die laaste jare se sinodes het die manier om maar klomp dinge deurmekaar te krap, Ja soos dit vir my baie keer voel dat ’n sinode is die skud van troebel water, waar die “onrus” in die water darem ná 3 jaar elke keer genoeg tyd kry om weer af te sak, die water darem effens skoon begin lyk, maar op die sinode word daardie “houers” weer erg geskud dat dit voel die water se troebelheid is weer van vooraf aan. Soos wat die jare met ons almal maak, so gebeur dit ook maar met my, dit stap aan. In 1991 het ek eintlik die eerste keer in my lewe op ’n meer volledige manier met ’n sinode te doen gekry. As student was ek dan koster op daardie sinode. Dié jaar, as ek reg onthou, was dr. Jan Visser nog die voorsitter. Ek het toe reeds gesien om op daardie stoel te sit is ’n warm stoel en sy manier van doen het dit net nog warmer gemaak. Intussen is daar nege sinodes verby, ja as ek 2015 se sinode kan bytel dan was dit ook my 10de sinode wat ek op een of ander manier my nie van kon losmaak nie. En in al hierdie sinodes het mens altyd maar ’n paar blywende en versigtige indrukke moes vorm, wat lyk my ook nie maklik gaan verander nie. Jy kry diegene wat baie praat en maklik praat. Daar is baie “gevathede”, daar is regtig oomblikke waar dinge in die oomblik eenvoudig of skreeusnaaks gesê word. Veral daardie kere wanneer iemand iets probeer sê wat heeltemal anders oorkom as wat dit bedoel was. Die ewigdurende “waghond”, die pers en koerante wat wil rapporteer wat die stemme vanaf Mooirivier in GKSA-verband en in GKSA- belang en dan in groter belang kwytraak, is altyd mense wat ons graag mee vriendelik wil wees, maar tog ook so versigtig voor moet wees. Al is ons naby Mooirivier, praat hulle nie altyd so mooi van ons nie. In hierdie 10 sinodes wat ek as agtergrond mag voorhou, wil ek beweer 2015 was dalk die een wat die mees versigtigste sinode was. Die agenda was ook nie naastenby sulke dikke boeke wat kenmerk was van wat daar vantevore al was nie. Dit was ook maar dik genoeg! ’n Deurlopende tema deur my kort bestek is dinge wat vervelig is om na te luister. Vir my maak die finansies gewoonlik nie sin nie en dit is langdradig om dit afgehandel te kry. Die temas wat alles behalwe my (seker vir die meeste afgevaardigdes!) nie as vervelig en op ons gemak plaas nie, is dié sake wat te doen het met sosio-politiese temas, eksegetiese temas, ekologies van aard. Daar is baie ander sulke temas. Soutpansberg se erge gespannenheid met ons en ons met hulle. Die deputate wat met die owerheid moet skakel, die skakeling met kerke oorsee, skakeling met binnelandse kerke, omkeerstrategie (nou genoem KWARTELTJIE Februarie 2015
9
Kerkgroeibediening), die kwessie van eenheid in verskeidenheid. Daar was deputate wat die baie moeilike opdragte moes hanteer. Die liedere wat gesing wil word (ander liturgiese sake), bediening in kerke met bedieningsnood, die grondeise-kwessies en les bes, laaste maar nie die minste nie… die susters in die kerk, of soos dit al jare na vore kom, “die vrou in die amp” en die laaste tyd nog meer spesifiek gesê- “die vrou in die besondere dienste”. Daar is werklik nog baie ander sake wat dien. Onderwys, katkisasie, publikasies, teologiese skool- en opleiding (ingesluit Docenda-inisiatief), Noordwes-Universiteit en die GKSA se kontraktuele verbintenis, radio en TV, historiese sake en instandhouding, noodlydendes en noodtoestande, Bybelvertaling, Bybelverspreiding, die GKSA-jeug, om dan nog nie eers te praat van studie-rapporte, samestelling van deputate-groepe, beswaarskrifte, appèlle ens. ens. wat maak dat ’n sinode agenda wel letterlik honderde bladsye (hierdie keer was dit 484 blaaie) in boekformaat beslaan nie. Gewoonlik twee volumes— ’n gewone agenda en daarna dan gewoonlik ’n wel lywige aanvullende agenda. Om breedvoerig oor al hierdie sake te praat is sekerlik nie die bedoeling van die redaksie se versoek om oor 2015 se 3de Algemene Sinode te rapporteer nie. Ek noem maar, wat ek beskou die groot sake en besluite was en dan kan u regtig ook die agenda op die internet gaan aflaai en deurgaan as u werklik die agtergrond en inhoud nog duideliker wil bekom. U kan dit gaan lees by http://bit.ly/1CdbC5k. Binnekort sal ons sekerlik ook die sinode 2015 se Handelinge ontvang, wat dan gewoonlik ook op die webwerf gelaai word. Trouens die laaste jare se Handelinge is vir ons gerieflik beskikbaar by http://bit.ly/1zrZusv. Daar kan u teruggaan tot sinode 1997 en die volledige handelinge vanaf daardie tyd u eie maak. Ek het ook ’n skakel geskep na Feb. 2015 se Kerkblad (http://bit.ly/1DenUfa). Hierdie Kerkblad bevat na my mening die sake wat net ons aandag verder kan prikkel. (Ek hoop nie die redaksie en uitgewers neem my kwalik dat ek die besondere blad nou so beskikbaar stel nie, maar dit is darem ’n uitsondering waar ons glo almal moet soveel as moontlik weet oor wat die laaste sinode gebeur het! Moontlik is dit ook vir u ’n aansporing om op Die Kerkblad in te teken.) Die sake wat op die stadium die meeste na vore kom is sekerlik die besluit rondom die vrou in die besondere dienste. Die sinode het goedgekeur dat daar later die jaar (Julie-maand) ’n spesiale sinode hiervoor gehou gaan word, met as doel dat dit nou deurgepraat en afgehandel moet word. Die sinode gaan klein wees, as ek reg onthou net 16 afgevaardigdes per Streeksinode, m.a.w. uit ons hele streeksinode Pretoria moet 4 predikante en 4 ouderlinge afgevaardig word. 8 broeders per streeksinode wat dan op die einde ’n vergadering van net 56 broeders daarstel, wat in alle opsigte geleentheid moet ontvang om aan hierdie jare lange worsteling oor hierdie saak hopelik finale leiding en uitslag te bied. Hulle het nie beperking op tyd wat hulle kan vergader nie. Hulle sal met tussenposes vergader, Ja, die vertroue is dat daar werklik oor die moeilike van moeilike sake nou hierdeur klarigheid en uitslag (en vrede!) mag kom. Ds. Danie Snyman, wat baie met hierdie deputate bemoei was laat hom soos volg hieroor uit: “Sinode 2015 het dus besluit dat in gevalle waar dit blyk dat gewone sinodes wesentlike sake, wat die potensiaal het om ernstige verdeeldheid in kerke te veroorsaak, nie opgelos kry nie, sulke sake na Spesiale Sinodes verwys kan word. Hierdie Spesiale Sinodes word soos gewone Sinodes saam gestel, net met heelwat minder afgevaardigdes, naamlik vier predikante en vier ouderlinge uit elke Streeksinode. Hierdie Spesiale Sinodes moet dan net KWARTELTJIE Februarie 2015
10
met die een saak worstel, totdat eenstemmigheid bereik is. So ’n Sinode, wat dalk lank kan duur, sal waarskynlik nie pal vergader nie, maar ’n werkswyse reël wat gesamentlike sittings net van tyd tot tyd nodig maak. Daar is ook besluit dat alle kerke en lidmate die geleentheid moet hê om insette te kan lewer soos wat sulke Sinodes met hulle werk voortgaan.”
Daarna het die Sinode geoordeel dat die verskil in ons kerke oor die vraag of vroue in die besondere dienste kan dien, ’n saak is wat kwalifiseer om deur so ’n Spesiale Sinode behandel te word. Een groot voordeel van hierdie besluit is dat dit die gewone Algemene Sinodes die geleentheid gee om die tyd en geestes-energie wat beskikbaar is, te gebruik vir die oorweging en hantering van die baie wesentlike sake waarin ons van harte met mekaar saamstem en wil en moet saamwerk, by die opbouing en uitbouing van ons Gereformeerde kerklike lewe. (Sien artikel daaroor.) In die wandelgange is die vraag gevra wat ons gaan doen as daar by die Spesiale Sinode nie eenstemmigheid oor die saak wat soontoe verwys is, bereik kan word nie? My antwoord is dat ons nou nie eers daaraan moet dink nie. As ons as kerke deur middel van die afgevaardigdes na ’n Spesiale Sinode, biddend en opreg en met groot erns en toewyding na Bybelse eenstemmigheid in ’n bepaalde saak soek – waarom sou ons nie van die Here ook die wonderlike uitkoms wat Handelinge 15 beskryf, verwag nie ...?” Die lywige rapport van die deputate eenheid in verskeidenheid kan u gerus bestudeer. Hulle het werklik gepoog om leiding in hulle lyding te bied, daar word nuwe velde oopgemaak, soos om werklik te onderskei tussen wat maak dat daar soveel verskille tussen gelowiges en gemeentes is, waar lê die spanning, hoe moet dit hanteer word, selfs het hulle eintlik met die voorstel gekom van ’n spes. Sinode want is die oortuiging gewees om hierdie moeilike sake net weereens by wyse van beswaarskrifte op beswaarskrifte te hanteer nie heilsaam werk nie. Die ander belangrike saak deur hierdie deputate deurgewerk is om rondom studie van Rom 14-15 (wat ons ’n keer ook in die prediking behoorlik na moet kyk) om dan te kom by die onderskeid tussen wat wesentlike sake en daarmee saam nie-wesentlike sake se onderskeie hantering behoort te wees. Die Deputate Omkeer-strategie het soos verwag in baie opsigte baie gesigspunte na vore wou bring, hoekom ons as kerke al kleiner en kleiner word. U kan gerus maar hulle rapport ook behoorlik deurgaan. Trouens ons besef hulle werk is alles behalwe afgehandel. Eintlik het ons maar nou eers kon begin. Daar bly vir my self moeilike vrae om te beantwoord oor hoe moet ons die pad saam met van hierdie gedagte-rigtings van kerkgroei vorentoe aanpak. Dat daar werklik iets sal moet gebeur en gedoen moet word lei egter geen twyfel nie. Mag dit werklik heilsaam in alle geledere begin inwerk. Die funksionele in van hierdie besluite word soos volg weergegee “Dat in die lig van God se genade ’n spesiale feesdag in die GKSA gereël word waarin ons as kerke God loof en ons langs die weg van verootmoediging opnuut verbind om ons as lewende en heilige offers aan God toe te wy (Rom. 12: 1). Op hierdie dag word ernstig gebid dat die Heilige Gees ons in die volle waarheid sal lei om God weer voor die oë van nie Christene en Christene deur ons kerke se bediening van die evangelie te verheerlik in Suid-Afrika se stede, dorpe en townships. Alle ander kerke in die land word opgeroep om mee te doen. Saam met KWARTELTJIE Februarie 2015
11
hierdie feesdag word ’n Bybelstudie beskikbaar gestel wat in die loop van vyf dae (een dag vir vyf weke) gedoen kan word. ’n Preekreeks gaan hiermee saam. Die Bybelstudie asook die preekreeks volg breedweg die indeling van die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls hfst. 5, par. 5-7 kan ook gebruik word.” Verder is ook besluit “dat hierdie feesdag opgevolg word met streeksaamtrekke van predikante om saam te besin oor hoe leiding gegee word aan gemeentes oor die omkeerstrategie. Klassisse word aangemoedig om leiding in die verband te neem. Dat hierdie besinningsgeleentheid deur predikante opgevolg word met streekbyeenkomste waar kerke saam kan besin oor die hantering van die Omkeerstrategie deur gemeentes in die spesifieke streek. Te benoeme deputate kan saam met korresponderende kerkrade van klassisse die organisering en inhoud van hierdie byeenkomste hanteer. Dat klassisse en kerkrade aanbeveel word om op elke vergadering as staande agendapunt oor die missionale bediening in daardie streek te bid en te besin” (Pt 3.4.6, p. 437, Aanvullende Agenda, Sinode 2015). Leiding en verdere toerusting is nodig. Die studie wat voor die Sinode gedien het, het aangetoon dat so ’n Omkeerstrategie ’n langtermynprojek is wat ernstig deur elke plaaslike gemeente aangepak moet word. Daarom is inligting oor die strategie en toerusting hoe om die verskillende aspekte daarvan in die gemeente te bedien, van uiterste belang. In die lig hiervan het die Sinode ook goedkeuring verleen aan die vestiging van ’n Sentrum vir Bedieningstoerusting en Begeleiding wat onder toesig van die Kuratore sal staan. ’n Persoon moet gevind word om as koördineerder van hierdie sentrum op te tree met ’n wye opdrag met betrekking tot verdere toerusting van predikante, ouderlinge, diakens en lidmate. ’n Vrywillige kollekte is ook goedgekeur om fondse te help genereer vir hierdie doel. Rondom wat ons in die eredienste mag sing, is daar weer klomp liedere voorgehou. Ek dink ons gaan hier oorboord, maar neem maar kennis van al die liedere wat wel weer goedgekeur is en wat ek meen met gemak aanvaar kan word dat ons kerkraad nie veel oorweging aan hierdie “uitbreiding” gaan skenk nie. Dit lyk my al meer die besware wat 1859 was oor hoekom ons nie “gesange” wil sing nie, word nie meer swaar geweeg nie?! Hier sal seker in ’n stadium ’n punt gestel moet word. Dit kan tog nie aangaan en aangaan nie.
Daar is sekerlik ’n klomp ander sake waarin u belangstel. U kan ook vrymoedigheid neem en met my skakel as daar spesifiek sake is waaroor u nader inligting wil hê. Ek dink dit is ook belangrik dat u moet weet by watter depute u dominee ingedeel is en die volgende drie jaar by betrokke sal moet wees. Weereens is ek gevoeg by Ekumenies: Binnelands (verhoudinge met ander reformatoriese kerke in SA, insluitend NG-kerk Ned. Herv. Kerk, APK en Vrye Gerf kerk, ook kerke in die meer Engelssprekende verbande ), asook by Deputate Historiese Sake en Deputate Media (radio en televisie). Ek besef die deputate werk vereis ook maar baie tyd en insette. Ons vertrou om daarin daadwerklik ’n getroue en opbouend roeping te mag vervul.
Ds. Petrus Venter
KWARTELTJIE Februarie 2015
12
Attestate vir tydperk vanaf Oktober 2014 tot einde Januarie 2015 Ontvang van ander gemeentes ◊ ◊
Br. Andre Leon De Beer vanaf Geref. Kerk Brooklyn Br. Hercules Jacobus Theunissen vanaf Geref. Kerk Totiusdal
Vertrek na ander gemeentes ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊
Sr Anneke Kruger na Geref. Kerk Vryburg Sr Sonica Steenekamp (Lidmaatskap met Geref. Kerk op gesê) Sr Giovanni Steenekamp (Lidmaatskap met Geref. Kerk op gesê) Br. Dirk en Sr Isabella Badenhorst, en seun Dirk Badenhorst (Jr.) vertrek na Geref. Kerk Pretoria-Wes Sr Estie Venter vertrek na Geref. Kerk Pretoria-Wes Sr Hannetjie Wolmarans (lidmaatskap opgesê met Geref. Kerk) en vertrek na Ned. Geref kerk Harmonie Br. Piet en Sr Alet Oosthuizen vertrek na Geref. Kerk Heidelberg (Tvl.)
Oorlede ◊ ◊ ◊
Br. Dries De Ridder Br. Jurie Malan Br. Machiel Buys (Suidkus Wyk)
KWARTELTJIE Februarie 2015
13
JOERNAAL
‘n ONVERGEETLIKE REIS: Dokkum & Trier Ds Petrus & Christine Venter Ek is gevra om een en ander te vertel oor ons onvergeetlike reis verlede jaar vanaf 3 September—14 Oktober 2014 in Europa. Dit is ’n baie groot voorreg en ook ’n baie groot uitdaging. Waar begin ons, waar eindig ons? Wat vir ons besonders was en wat ander dalk interessant mag vind kom nie noodwendig ooreen nie! As die redaksie my vergun sal ek eerder onderneem om in meer Kwarteltjies hierdie besondere paar weke in herinnering te roep. Beskou hierdie dan is die eerste poging van meerdere aflewerings waarin ons hoop om u te mag vertel van plekke wat ons dink besonders was. Vandag wil ek stilstaan by 5 September 2014 en 24 September 2014. Op 5 September het ons Dokkum besoek en op 24 September was ons in Trier. Dokkum lê in Friesland, Trier in Duitsland. Ander kere sal ek julle graag wil vertel van Eisleben, Martin Luther se geboorteplek (en sterfplek!), en dan natuurlik ook Wittenberg—daar waar Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur vasgesit het. Van Christine se familie bly nog in Naumburg (ou Oos Duitsland). Haar pa was ’n Hitler-vlugteling tot in van die woude by Aschersleben as skuilplek. Ons kan nog weer ’n ander keer na Dresden gaan, om nie te vergeet van Toulouse in Frankryk, Mijas in Spanje, Rondo ook in Spanje, die “Cueavas e Nerja” (grotte) en ja, die mooie Orgues of Ille Sur Tet” (sulke spierwit hoë sandsteenvingers wat voel soos in ’n sprokies-wêreld). In KWARTELTJIE Februarie 2015
Nederland was ons by Kampen en Christine se ma se geboortedorp Schraad. Ons was tuis by haar neef in Witmarsum, baie naby Schraad. So sal ons kan aangaan. Waarom is Dokkum gekies? Dokkum is die geboorteplek van ds. Dirk Postma, die eerste predikant wat in die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika gedien het. Hy het in 1858 in Suid-Afrika gekom met geen idee wat nog hier op hom sou wag nie. Die minste wat hy kon verwag is dat hy sou moes leiding neem waar gereformeerde mense in Transvaal (Rustenburg, Pretoria, verby Waterberg tot sovêr as Soutpansberg), maar ook die Vrystaat (Reddersburgdistrikte) en die Karoo se mense (Burgersdorp se kant toe) ‘n honger en verlange gehad na kerkwees en kind van God wees wat anders moet wees as wat hulle op daardie stadium in die Nederduitsch Hervormde kerk in Transvaal (met ds. Dirk van der Hoff as Hervormde predikant- verbete verdediger van staatskerk en gesange) beleef het. Hierdie was almal mense wat sonder dat hulle direk met mekaar in kontak was of enige samespraak kon hê, gedaan gemaak is met die gesange en ander maniertjies uit Engelse Skotse geledere, met van die Murray-predikante en allerhande metodistiese invloede, soos dit toe in die NG kerk hoog in die mode was. Hierdie gedane mense was in die NG-geledere sommer baie vroeg by die skelnaam, selfs nog voor 1800, as “doppers” uitgesonder. Die man uit Dok14
Wat het ons in Dokkum gesoek?! Wat het ons gevind? Ek en Christine is daardie Vrydag met haar neef se motorfiets vanaf Witmarsum waar ons die sowat 90 km (as ek reg onthou?) na Dokkum deur die mooiste Nederlandse, of dalk eerder Noord -oos-Friese platte- en waterryke groen land -skappe gevoer het. Dorpies so verwelkomend mooi en goed versorg. Ellke een is duidelik trots om te wees waar hy is en op wie hy is. Op die motorfiets ruik ons besondere kenmerkende (selfs vreemde!) vars reuke en het die “fiets” ons net nader aan die natuur gebring wat vir my onvergeetlik was. In Dokkum aangekom het ek moes eet wat ek nie ken nie...kibbeling. Ook Milka Sjokamel gedrink en toe begin die soektog na Dirk Postma se geboortestraat Keereweer, want het ons geweet sy geboortehuis in die straat bestaan nie meer nie.
Hulle het gemeen dit is maar die Engelse Franke se manier om oor hulle te probeer baasspeel. Winfried het maar opgegee, na England teruggekeer en toe ook ’n besoek aan die pousdom in Rome gebring. Die pous oortuig hom in 718 nC om na die Dokkum-gebied terug te keer, om alles aan die werk te stel om die Woord na die Germane en Friese te bring. Dit is ook die pous in Rome gewees wat Winfried toe sy nuwe naam Bonifatius gegee het. Bonifatius beteken “hy wat die goeie doen”. Sy terugkeer werp tog vrug af want word hy toe erken as biskop. Later het hy selfs aartsbiskop in die verdere gebiede geword. Tog bly die inwoners van Dokkum onbereikbaar vir die evangelie. Bonifatius wou nie met hulle opgee nie. In 754nC het hy en sowat 52 helpers weer na die gebied van Dokkum gevaar. Daar naby het hulle kamp opgeslaan. Die getuies wil dit oorvertel dat daar wel toe paar bekeerlinge was wat hulle wou laat doop. Tog was dit die einde van Bonifatius want op 5 Junie 754nC het ’n klomp gewapende soldate die tentkamp van Bonifatius bestorm en is Bonifatius self met ’n swaard doodgemaak en so-ook al sy helpers. Die Friese wat wel toe ook gelowiges was, het dadelik toegeslaan en hulle weer op die moordenaars van Bonifatius gewreek.
Wat ek van Dokkum (Dockinga) nie geweet het nie is dat dit ook bekend staan as Bonifatiusstad. Die geskiedenis van die plek dra merke vanaf voor 700nC. Ja, so om en by 710/715 nC het ’n Frankse monnik, ’n Engelsman Winfried/Winfrith (geb. 673nC -die latere Bonifatius) in hierdie Friese wêreld gekom. Die monnik kon toestemming van die koning (Radbod) verkry om aan die Friese die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Dit natuurlik in die Roomse tradisie, wat toe al kerk was. Radbod self was onoortuigbaar en ook sy volk het hierdie Engelsman Winfried nie vertrou nie.
Hierdie datum 5 Junie 754nC is die oudste opgetekende gebeurtenis in die Nederlandse geskiedenis waar gebeure op dag en datum teruggevoer kan word. Bonifatius is dan ook in die latere Roomse verdwalings as heilige in die plek uitgesonder en het mensverheerliking rondom hom ook handuitgeruk. In 1853 toe die Rooms-Katolieke na baie lang verbanning weer hier toegelaat was (onthou intussen het die reformasie diep hier kon insink) het die Roomse in 1871 begin om die Bonifatiuskerk te bou. Dit sou in 1874 klaar kon wees, maar die toring het ineengestort. Hulle het wel toe die gebou in
kum sou nooit kon dink dat “doppers” sy voorland sou wees nie. Ook maar goed dat ons nooit dinge werklik vooruit weet nie! Dit het my wel geval dat ek in die verloop van bietjie meer as twee maande by Dirk Postma se geboorteplek kon wees en vroeg in November 2014 kon ek staan by dieselfde Dirk Postma se graf in Burgersdorp. ’n Lewe voltooi...
KWARTELTJIE Februarie 2015
15
1878 voltooi. In 1946 is die gebou se vensters met die pragtigste loodglas-werk versier, weereens met a1eelding van Bonifatius ook in die glas aangebring. In ’n kapelletjie in die kerk word daar ’n stukkie van die skedel van Bonifatius bewaar en selfs ’n stuk brood wat volgens hulle oortuiging deur Bonifatius in ’n steen verander kon word. Ander interessanthede rondom Dokkum is dat die plek ook ’n besondere moerbeiboom het, blykbaar al oor die 400 jaar oud. Die boom staan ook bekend staan as die dronkvoëltjie-boom, want as die voëls die moerbeie eet dan gis dit en word daar alkohol vrygestel! Nog ’n interessantheid is die klok van die “Grote Kerk’’ of die poortklok of ook “meiden-klokje” genoem. Die klok het elke aand net voor 10 gelui om die meisies en hulle kêrels te waarsku dat die vryers maar nou moet vertrek want om 10 uur gaan die poorte sluit! Die Tweede Wêreldoorlog het hier ook sy tol geëis. Baie naby die Keereweer, Dirk Postma se geboortestraat, in Woudweg is ook ’n standbeeld (Versetstandbeeld?) wat hierdie tragiese tyd vasgryp. Die Duitsers het Dokkum van 10 Mei 1940-14 April 1945 beset. Die swaarste in die tyd was toe daar op 22 Jan 1945 twintig van die distrik se mense voor ’n vuurpeloton moes sterf omdat daar wraak geneem is oor hulle ’n paar dae vantevore ’n Duitse voertuig “gekaap” het om een van die Dokkum-inwoners te kan bevry. In die voorval het wel twee Duitse soldate gesterf. Toe die Kanadese op 14 April 1945 Dokkum bevry het was daar ook weer talle slagoffers. Ja, die geboorteplek van Dirk Postma dra soos seker alle Europese dorpe en stede ’n lang en kleurryke, maar ook sware geskiedenis.
KWARTELTJIE Februarie 2015
Ons skuif dan nou na Duitsland, na die walle van die Moselrivier, na Trier, ook bekend as die oudste stad in Duitsland. Die pragtigte ou Romeinse brug oor hierdie groot rivier het ons foto’s van aangeheg. Toe Jesus as mens gebore was, toe was Trier al daar! Trier word ook die tweede Rome of stad van museums genoem. Trier wat in 15vC deur keiser Augustus begin is. ’n Stad ouer as 2000 jaar! Dit is dié plek in Duitsland waar mens na baie van die dinge teruggevoer word toe die Romeine nog die wêreld regeer het. Hier staan die Porta Nigra [Die Porta Nigra is die oudste en mees bewaarde Romeinse stadspoort in Europa noord van die Alpe.... ons “(P)oortjie”boekie met gemeente-inligting dra op sy buiteblad hierdie Porta Nigra). In Trier is ook van die ou Romeinse baddens (Kaiserthermen en ander baddens) te sien, ’n amfiteater, en ja die DOM in Trier was asemrowend. Die DOM se eerste bouwerke dateer so ver terug as 340nC. Tog is daar reste onder die huidige DOM wat tot 311nC terug dateer. Altyd is daar nog weer aangebou, afgebreek, opgebou, uitgebrei. Dit is een groot massiewe bouwerk en die kunswerke daarbinne kan eintlik nie beskryf word nie. In van die katedrale by die DOM word beweer hulle besit die kleed van Christus toe Hy gekruisig is— oor daardie kleed is daar die lot gewerp, want was dit sonder naat en moes dit nie geskeur word nie. Aan die ander kant van die stad (as my rigting my nie in die steek laat nie?!) was ons ook by die Matthias-chapel. Was moeg geloop daarheen. Die St Matthews Abbey church beweer dat daar lê die oorskot van Mattheus die apostel en evangelie-skrywer, die enigste wat noord van die Alpe begrawe is. In Trier vind ons ook die geboorteplek en geboortehuis van Karl Marx. Marx is dieselfde jaar as Dirk Postma gebore (1818), 16
Marx was wel net paar maande ouer as Postmaar hier eindig egter ook alle verdere ooreenkomste. Die een man, Postma vader van ons gereformeerd-wees in Suid-Afrika, Marx die vader van Marxisme wat die ruggraat van Kommunisme is. Hoe gevaarlik kommunisme nou nog in ons land is, mag niemand onderskat nie, dit alles in sekere sin komende van Karl Marx, boorling van Trier wat as seuntjie by die Porta Nigra in Trier rondgespeel het. Daar het egter ’n baie belangriker seuntjie as Marx rondom die Porta Nigra rondgespeel wat vir ons as (G)gereformeerdes van die kosbaarste erfenisse nou nog kon help nalaat nl. Casper Olevianus—een van die groot rolspelers in die kommissiewerk wat verantwoordelik was vir die opstel van die Heidelbergse Kategismus. Vir ons as gereformeerdes is die belangrikste wat Trier ooit kan beteken die feit dat Casper Olevianus daar gebore is. ’n Studente-leraar van Heidelberg wat baie betrokke was by die opstel van die Heidelbergse Kategismus. (Foutiewelik is lank aanvaar dat net Ursinus en Olevianus die Kategismus opgestel het. Die nuutste oortuigde navorsing dui onteenseglik daarop dat daar heelwat meer persone betrokke was met die opstel van die Kategismus as net hierdie twéé.) Dit daargelaat. Die feit is op 10 Augustus 1536 is hierdie besondere seuntjie in Trier gebore, genoem Casper Olevianus. Toe was Trier diep in die kloue van die Rooms-Katolieke vasgevang gewees. Olevianus was die seuntjie van Gerhard von der Olewig en Anna Sinzig. Olewig is die naam van ’n straat naby die ruïnes van die Romeinse Amfiteater, wat ons maar gewoon sal noem Olyfstraat. Olevianus is die Latynse vorm van die Duitse Olewig, wat olyf beteken. Casper se pa was ’n bekende inwoner van Trier, ’n bakker van beroep, draers ook van die bakkers-gilde en was ook deel van die stadsraad van Trier. Van sy ma se KWARTELTJIE Februarie 2015
kant- die Sinzig -familie- was sy ma se oupa weer ’n slagter van beroep, ook draer van die slagtergilde, deel van die stadsraad in sy tyd gewees, wat kon help dat sy kleinseun in Frankryk kon gaan studeer.
Casper Olevianus
Olevianus word beskou as die belangrikste Duitse navolger van Calvyn. Hy het teologie onder meer by Calvyn, Bullinger en Beza studeer. Olevianus het sy eerste 14 jaar van sy lewe in Trier deurgebring. Hy is daar gedoop in die St Laurence kerk. Die skool waarby hy eerste was, was ook in die kerk. Daar het hy werklik die Here leer ken. Toe hy 13 jaar oud was, het een van die ou priesters hom in die tuin van die St Germain kollege ontmoet en het hy sy hande op Olevianus se skouer gesit en vir hom gesê – “my seun jy moet onthou dat al God se kinders, ook dié van die Ou Testament, se enigste troos in lewe en in sterwe is geleë in die versoenende offer wat Jesus Christus vir ons gebring het” (Vgl. dit nou met Sondag 1 V/A 1 van die Kategismus- die kategismus is 27 jaar na Olevianus se geboorte opgestel - 1563). Hierdie woorde het Olevianus baie duidelik nooit in sy lewe wou vergeet nie. Dit daar in Trier uitgespreek. In 1550 het Olevianus Trier verlaat en na Frankryk gegaan om in die regte te studeer. 13 jaar later volg die Kategismus. Olevianus is op 15 Maart 1587 in Herborn oorlede. ’n Mens kan vandag nog sy geboortehuis besoek. Onsself was ongelukkig nie daar nie, 17
ons het eers agterna dit gehoor! As u meer van hierdie besondere geskiedenis in en rond -om Trier wil lees gaan kyk bietjie na http:// bit.ly/19blzGN. Dit is ’n besondere studie van Fred H Klooster wat die moeite werd is om te lees. Met groot dank aan dr. Victor d’Assonville (jr.) wat naby hierdie geskiedenis in Duitsland lewe. Ek het die volgende aangrypende paragraaf van hom ontvang, na my stukkie ook reeds opgestel was— “Caspar Olevianus (of Olevian), is op 10 Augustus 1536 in Trier (oudste stad in Duitsland) in die “Grabenstraße am Pranger” gebore en op 15 Maart 1587 in Herborn oorlede. Hy word beskou as die belangrikste Duitse navolger van Calvyn. O.a. was hy teologiese professor in Heidelberg, waar hy ook as lid van die deputate gedien het wat vir die samestelling van die Heidelbergse Kategismus verantwoordelik was. Hyself het behalwe vir studies op jeugdige leeftyd in Parys, Frankryk, waar hy in ’n Hugenotegemeente gereformeerd geword
Dokkum
het, teologie by onder meer Calvyn, Bullinger en Beza studeer. Nadat Olevianus in Junie 1559 na Trier teruggekeer het, het onder sy reformatoriese prediking en kategismusonderrig binne ’n kort tydjie sowat ’n derde van Trier se bevolking hulle by die protestantse gemeente aangesluit. Daarop is hy en ander protestante gevange geneem en moes hy die stad, ná ongeveer tien weke se gevangenskap, verlaat. Die poging, veral onder sy leiding, om die Reformasie in Trier te laat deurbreek, het dus ongelukkig misluk. Hierop is hy na Heidelberg waar hy verder ’n leidende rol sou vertolk, veral met die invoering van die Heidelbergse Kategismus en die Kerkorde van die Palts van 1563. Na ’n kort tydjie as professor het hy die studentepredikant in Heidelberg geword. Die laaste deel van sy lewe was hy in Herborn by die Teologiese Skool aldaar werksaam.”
Dit is vir ons ’n voorreg om hierdie dinge met julle te deel. Volgende keer sal ons DV nog bietjie dieper Duitsland inbeweeg, veral Martin Luther se wêreld het my ook aangegryp.
Trier
KWARTELTJIE Februarie 2015
18
Die DOM in Trier.
Die Versetstandbeeld in Dokkum.
‘n Blik op Trier.
Die Matthias-kapel (bo) en die Romeinse baddens (onder) in Trier.
KWARTELTJIE Februarie 2015
19
KWARTELTJIE Februarie 2015
20